Uitkeerpolis
   
 

 

 

Finansieldienste advies en kwaliteit oplossings direk vir groot besparings!

Uitkeerpolis

 

Die uitkeerpolisse wat ons aanbied is só ontwerp dat dit jou die buigsaamheid gee om te kies hoe en waar jy vir die toekoms wil spaar en belê, en om jou beleggings volgens jou persoonlike behoeftes aan te pas. En dít is wat die uitkeerpolis so spesiaal maak – dit bied ’n wye verskeidenheid plaaslike en internasionale/buitelandse beleggingsopsies vir elke soort belegger, asook die geleentheid om buitengewone opbrengste te verdien. Die minimum termyn van 'n uitkeerpolis is 5 jaar en die opbrengs is belastingvry.

 

Die Uitkeerplanne van die groot handelsnaam produkverskaffers wat ons verteenwoordig bied jou die potensiaal om buitengewone opbrengste op jou geld te verdien, met ’n reeks plaaslike en buitelandse beleggingsfondse om van te kies. Daar is selfs gestabiliseerde fondse wat die skommelinge op die aandelemark uitstryk en verseker dat jy konstante groei verdien.

 

 

Eienskappe van 'n uitkeerpolis

 

Bydrae Om jou lewensdoelwitte te bereik, kan jy vanaf slegs R250 per maand begin vir ’n belegging van 10 jaar of langer, of R400 per maand vir ’n belegging met ’n termyn korter as 10 jaar. Die minimum enkelbedrag is R10 000. Of jy kan ’n kombinasie van ’n enkelbedrag en herhalende betalings kies, in welke geval die minimum enkelbedrag R2 500 is.
   
Termyn Na die aanvanklike termyn (minimum vyf jaar) gaan jou belegging onbepaald voort, wat beteken dat jy jou belegging kan voortsit totdat jy uiteindelik besluit om jou opbrengs op te eis.
   
Belasting Jy betaal jou bydrae met na-belaste geld. Jou enkelbedrag uitbetaling aan die einde van jou beleggingstermyn is tans belastingvry in jou hande. Die maatskappy betaal die inkomstebelasting en kapitaalwinsbelasting van die plan.
   
Waarborge As jy ’n konserwatiewe belegger is wat ’n laerisikobelegging verkies, het die meeste van die groot maatskappye uitkeerplanne met portefeuljes wat beleggingswaarborge bied wat jou geld beskerm wanneer die beleggingsmarkte wispelturig is.
   
Afkoping, gedeeltelike onttrekking en lening Onderhewig aan die beperkinge kragtens Artikel 54 van die Langtermynversekeringswet geld die volgende gedurende ’n beperkte periode van 5 jaar:
   
 
Uitkeerpolis Die afkoopwaarde of leningswaarde word beperk tot die betaling(s) plus 5% rente jaarliks saamgestel. Die restant plus beleggingsgroei word aan die einde van die beperkte periode van 5 jaar betaal.
   
Uitkeerpolis Slegs een gedeeltelike kontantonttrekking en een lening word toegelaat.

 

 

Voordele van uitkeerplanne wat ons bied:

 

Uitkeerpolis Kundige bestuur – Jou geld is in veilige hande by die groot handelsnaam verskaffers wat ons gebruik. Kundige interne en eksterne fondsbestuurders span hul jarelange kennis en ervaring in om seker te maak dat jy die hoogste moontlike groei verdien.
   
Uitkeerpolis Deursigtigheid – Jy word vooraf duidelik ingelig oor al die fooie en koste wat op jou belegging van toepassing is. Jy sal ook gereeld oor die stand van jou belegging ingelig word.
   
Uitkeerpolis Beskerming van jou belegging ingeval jy sterf – Jou kan 'n begunstigde benoem wat by jou dood die sterftevoordeel ontvang. (geld wat jy reeds gespaar het op jou belegging )
   
Uitkeerpolis Skakel jou belegging om – Die meeste groot handelsnaam maatskappye wat ons verteenwoordig se beleggings bied jou algehele buigsaamheid om van een beleggingsportefeulje na ’n ander om te skakel indien jou behoeftes en omstandighede verander.

 

 

Versoek 'n Uitkeerpolis kwotasie.

 
Indien jy dit oorweeg om in 'n uitkeerpolis te spaar kan jy die vorm voltooi om ‘n verpersoonlikte kwotasie te ontvang wat die besparing wat jy sal kry as jy direk aansoek doen, sal reflekteer. Die inligting wat jy verskaf sal ons bystaan om geskikte fondse vir jou te kies. Alle inligting sal as streng vertroulik hanteer word.
 
Jou persoonlike besonderhede:
     
Taal van die kwotasie  
Jou e-posadres  
Kontaknommer  
Alternatiewe kontaknommer  
Jou belastingbedeling  
Titel  
Van  
Noemnaam  
Geboortedatum  
Geslag  
Maandelikse inkomste R
Watter dorp / stad woon jy  
Poskode  
     
Kwotasie besonderhede:    
     
Begindatum van uitkeerpolis  
Termyn van uitkeerplolis:   jaar (Die minimum termyn is 5 jaar).
Frekwensie van belegging:  
Herhalende bedrag wat jy wil belê: R
Eenmalige bedrag wat jy wil belê: R
Wil jy fondse hê wat waarborge bied?  
Hoe moet jou premie jaarliks groei?  
Indien vaste groei pj, met hoeveel % ?   %
Risikoprofiel van gekose fondse?  
Boodskap:  
 
 

 

 

Uitkeerpolis  

 

 

Skakels na meer inligting oor beleggings:

 

UitkeerpolisVrae en antwoorde oor beleggings

 

UitkeerpolisStappe om te volg as jy wil belê

 

UitkeerpolisDoen jou beleggingsberekeninge

 

UitkeerpolisVind die regte belegging vir jou!

 

UitkeerpolisKry meer inligting of vra vir advies

 

 
Uitkeerpolis

Kwaliteit

 

Ongeag hoe jy verkies om jou oplossing vind, ons adviseurs sal jou bystaan om die regte kwaliteit oplossing te vind vir jou unieke omstandighede. Die produkverskaffer, die definisies van produkte, kostes, waarborge en wie die waarborge gee speel ‘n baie belangrike rol om te verseker dat jy gemoedsrus vind!

Uitkeerpolis

Gemoedsrus

 

Gemoedsrus dat jou finansiëledienste oplossings om die regte redes verkry is vanaf ‘n gekwalifiseerde en ervare adviseur wat toonaangewende, groot handelsnaam produkverskaffers verteenwoordig waar die definisies van voordele, waarborge, wie die waarborge bied, ens. baie belangrik is.

         
DIY kwaliteit finansiëledienste oplossings van gekwalifiseerde en ervare adviseurs!   Uitkeerpolis   Google+

 

Vertel 'n vriend