| |
Besigheidsversekering |
|
| |
|
| |
Beskerm jou besigheid, die rolspelers en jou kliënte! |
| |
| |
| Verseker gemoedsrus vir al die rolspelers in jou besigheid, die entiteit self en die besigheid se kliënte dat die besigheid onbelemmerd sal kan voortgaan indien die onversiene gebeur wat die besigheid kan ruineer. Verseker dat rolspelers se persoonlike boedels nie daaronder sal lei as een van hulle ontydig te sterwe sou kom of ongeskik sou raak, wat ernstige gevolge vir afhanklikes kan inhou nie. Spaar en geniet gratis voordele deur van Plandirek se aanbod op die blad gebruik te maak. |
|
| |
|
| |
Besigheidsversekeringsbehoeftes: (kliek op die skakel om die inligting te sien) |
| |
|
| |
|
| |
| Om finansiering in die besigheidswêreld te verkry kan van kritiese belang wees om die bedrywighede en
groei in stand te hou. Eienaars wat kapitaal wil leen, moet gewoonlik persoonlik borg teken namens hulle
besighede, met die gevolg dat die eienaar se boedel aanspreeklik gehou kan word vir die skuld van die
besigheid. Die oplossing om die persoonlike finansiële behoeftes van die besigheidsverpligtinge te skei is
om 'n beskermingsplan vir borgstellings uit te neem, wat ook bekend staan as
gebeurlikheidsaanspreeklikheidsversekering. |
| versekering |
| Die behoefte: |
| Besigheidseienaars bedryf dikwels hulle besighede deur entiteite met beperkte aanspreeklikheid, omdat
hulle hulle persoonlike boedels teen krediteure wil beskerm indien die besigheidsonderneming misluk.
Borgstellingsooreenkomste verwyder doeltreffend die voordeel wat hierdie
beperkte-aanspreeklikheidsentiteite bied, aangesien hulle die lewensbelangrike skeiding tussen
persoonlike finansiële sake en besigheidsverpligtinge verwyder. Gevolglik is persoonlike bates blootgestel
aan besigheidsrisiko's en hierdie situasie raak sonder uitsondering persoonlike boedelbeplanning
negatief. |
|
| versekering |
| Probleme in verband met borgstelling: |
| Sonder die beskerming van borgstellingsversekering kan die volgende probleme ontstaan: |
 |
Die eksekuteur kan gedwing word om boedelbates te verkoop ten einde likiditeit te verskaf. |
 |
Die delging van besigheidskuld kan tot die nadeel van erfgename en afhanklikes wees. |
 |
Die boedelberedderingsproses kan vertraag word. |
 |
Die boedel kan insolvent verklaar word indien die algehele besigheidskuld die persoonlike bates
oorskry. |
 |
Afhanklikes kan gedwing word om die bates te verkoop of teen 'n groot koste fondse te leen om
hulle lewenstandaard te handhaaf. |
 |
Die voortgesette bestaan van die besigheid kan in gevaar gestel word. |
|
|
| versekering |
| Die voordele van borgstellingsbeskerming: |
| Indien borge sterf of ongeskik raak, verskaf borgstellingsversekering gemoedsrus dat die besigheidskuld
onmiddellik afgelos sal word sonder dat die borge se persoonlike boedels aanspreeklik gehou word. Die
plan maak finansieel sin omdat die maandelikse koste baie klein is in vergelyking met die voordeel. |
| Die beskermingsplan vir borgstelling bied die volgende spesifieke voordele: |
 |
Die uitstaande lening/s wat deur die borgooreenkoms gedek word, word by die dood of
permanente ongeskiktheid van die borg afgelos. |
 |
Die ontydige dood of permanente ongeskiktheid van die borg raak nie die besigheid se
likiditeit nie en kontinuïteit word verseker. |
 |
Geen vervangende borg is nodig nie, aangesien die skuld ten volle afgelos word en
nuwe fasiliteite opnuut beding kan word. |
 |
Die borg se bestorwe boedel kan sonder onnodige vertraging afgehandel word. |
 |
Die borg se persoonlike boedel word op geen manier geraak deurdat dit hoef in
te staan vir besigheidskuld nie. |
|
|
| versekering |
| Die struktuur: |
| Indien die borg sterf of ongeskik raak, kan dit gebeur dat die krediteur die lening opsê hoewel die
hoofdebiteur steeds die terugbetalings doen. Borgstellingsbeskerming is 'n lewensversekeringspolis wat
die hoofdebiteur uitneem op die lewe van 'n individu wat borg staan vir die skuld van die hoofdebiteur.
Indien dit korrek gestruktureer word, sal die versekeringspolis genoeg fondse verskaf om die uitstaande
saldo van die skuld terug te betaal, wat dus die borg se persoonlike boedel van hierdie aanspreeklikheid
onthef. |
| |
| Indien jy belangstel om borgstellingsbeskerming te implementeer vir jou besigheid met die gepaardgaande besparings en voordele kan jy ons kontak vir meer inligting of 'n afspraak, of gaan voort en voltooi die inligting wat benodig word vir 'n besigheidsbehoefte-ontleding, en ontvang 'n verslag oor hoe jy jou besigheid kan beskerm. |
|
| |
|
|
| versekering |
versekering |
| |
|
| |
Wanneer 'n besigheid begin, het hy fondse nodig wat moontlik deur finansiering verkry word, om
noodsaaklike toerusting, skryfbehoeftes of ander items aan te koop, asook om die gereelde uitgawes soos
salarisse, telefoonkoste, huurgeld, ens, te betaal. Indien 'n besigheid geen bates het nie, is daar twee
maniere om geld te verkry - of deur aandele uit te reik of deur geld te leen. Omdat die eienaars nie ander
mense by die besigheid wil betrek nie, maak hulle gewoonlik op die leningsmetode staat. Die
eenvoudigste roete hiervoor sou wees om na 'n bank of ander uitleeninstelling te gaan, maar dit is
belangrik om te onthou dat hierdie instellings almal om sekuriteit vra en rente hef op enige lening. Indien
die besigheid nie genoeg kontantvloei kan voorsien om hierdie verpligting na te kom nie, is die alternatief
vir die eienaars en/of leners om 'n persoonlike lening aan die besigheid toe te staan. Daar word
gewoonlik informeel sonder 'n skriftelike kontrak op die voorwaardes van sodanige persoonlike lening
ooreengekom en daar is geen vaste termyn nie en die ooreenkoms weerspieël nie die betaling van enige
rente nie. Die balansstaat van die besigheid toon die lening en rente as 'n langtermynverpligting of -las
wat op 'n onbepaalde datum in die toekoms afgelos moet word. |
| versekering |
| Die behoefte: |
| Die besigheid se behoefte is dus om in staat te wees om die lening te kan terugbetaal by opvraging deur
die eienaar/lener of enige ander persoon soos 'n eksekuteur wat die mag het om te handel. Indien die
besigheid nie in 'n posisie is om op daardie tydstip die lening af te los nie, kan dit insolvent verklaar
word, iets wat almal wat betrokke is negatief raak. Behoorlike finansiële beplanning verhinder sulke
gevolge. |
|
| versekering |
| Die oplossing: |
| Die oplossing is dat die besigheid die lewe van die eienaar/lener verseker vir 'n bedrag wat gelyk is aan
die uitstaande lening. Dit is 'n eenvoudige, goedkoop en doeltreffende manier om te sorg dat daar
kontant beskikbaar is op die tydstip wanneer dit nodig is. |
|
| |
| Indien jy belangstel om leningsrekeningbeskerming te implementeer vir jou besigheid met die gepaardgaande besparings en voordele kan jy ons kontak vir meer inligting of 'n afspraak, of gaan voort en voltooi die inligting wat benodig word vir 'n besigheidsbehoefte-ontleding, en ontvang 'n verslag oor hoe jy jou besigheid kan beskerm. |
| |
|
|
| versekering |
versekering |
| |
|
| |
| Om die lopende uitgawes van 'n besigheid te dek. 'n Ideale oplossing vir 'n polishouer wat die lopende
uitgawes van sy/haar besigheid moet dek indien hy/sy nie die pligte van sy/haar eie beroep kan uitvoer
nie. |
| versekering |
| Implementering: |
| Die besigheid identifiseer die sleuteleienaar/s op wie hy staat maak vir die generering van die besigheid
se inkomste. Die besigheid verseker hierdie eienaars se lewens sodat die versekeraar indien hulle
ongeskik raak, hetsy tydelik of permanent, 'n maandelikse bedrag aan die besigheid sal betaal. Die
besigheid gebruik sodanige bedrag om die eienaar te vervang of wend die bedrag aan soos hy goeddink. |
|
| versekering |
| Kenmerke van die oplossing: |
| versekering |
| Die versekering sluit bepaalde besigheidsuitgawes in, terwyl dit ander uitsluit. |
| versekering |
| Kostes wat ingesluit is: |
 |
Huur of verbandrente. |
 |
Eiendomsbelasting, elektrisiteit, water, telefoonkoste. |
 |
Gereelde onderhoudsdienskoste. |
 |
Toerusting se bruikhuurkoste. |
 |
Versekeringspremies. |
 |
Rekeningkundige fooie. |
 |
Salarisse van personeel wat nie in dieselfde beroep werk nie. |
|
|
|
versekering
| Kostes wat uitgesluit is: |
 |
Depresiasie. |
 |
Die salaris of ander verdienste van die polishouer, lede van sy familie, enige persoon wat die pligte
van die polishouer in sy/haar afwesigheid waarneem of besigheidsgenote. |
 |
Die koste van goedere of handelsware of toevoegings tot die inventaris. |
 |
Die koste van meubels en toerusting. |
 |
Kapitaalterugbetalings op enige uitstaande skuld. |
|
|
| |
| Indien jy belangstel om bedryfskostebeskerming te implementeer vir jou besigheid met die gepaardgaande besparings en voordele kan jy ons kontak vir meer inligting of 'n afspraak, of gaan voort en voltooi die inligting wat benodig word vir 'n besigheidsbehoefte-ontleding, en ontvang 'n verslag oor hoe jy jou besigheid kan beskerm. |
| |
|
|
| versekering |
versekering |
| |
|
| |
| Talle besigheidseienaars erken hulle personeel as hulle waardevolste bate en belê 'n enorme hoeveelheid
geld daarin om hulle te behou. Maar wat sou die finansiële impak op die besigheid wees indien 'n
sleutelpersoneellid sterf of permanent ongeskik raak? Hoe kan die besigheid hom beskerm? Die oplossing
vir die besigheid is om sleutelpersoonversekering uit te neem op die lewens van hierdie
sleutelwerknemers. |
| versekering |
| Die behoefte: |
| Om sake te doen beteken dat sake-eienaars 'n sekere mate van risiko moet aanvaar.
Sleutelpersoonversekering is 'n doeltreffende metode om die finansiële risiko wat verbonde is aan die
verlies van sleutelwerknemers na 'n versekeringsmaatskappy oor te dra. Sleutelpersoonversekering
voorsien ook gebeurlikheidskapitaal om die koste te befonds van die werwing, opleiding en vervanging
van 'n sleutelpersoon. |
|
| Sonder sleutelpersoonversekering kan die volgende ernstige implikasies vir die besigheid ontstaan by die
verlies van sodanige sleutelwerknemer: |
 |
Die winste kan tydelik of permanent geraak word. |
 |
Die besigheid kan kliënte verloor. |
 |
Dit kan die kredietwaardigheid van die besigheid raak. |
 |
Enorme werwings- en opleidingskoste word opgeloop. |
|
| versekering |
| Die oplossing: |
| Waar sleutelwerknemers beduidend bydra tot die sukses van die besigheid, kan die besigheid versekering
uitneem op die lewens van daardie persone. Indien 'n sleutelpersoon dan sterf of ongeskik raak, ontvang
die besigheid die polisopbrengs en hy kan dit aanwend om die verlies aan wins te dek, of die uitgawe wat
gepaard gaan met die verlies van daardie persoon se bydrae tot die besigheid. Die waarde van die
lewensdekking behoort die waarde te verteenwoordig wat die sleutelpersoon vir die besigheid het in
geldterme plus die koste om daardie persoon/persone te vervang. |
|
| Indien die sleutelwerknemer sterf of permanent ongeskik raak, ontvang die besigheid die polisopbrengs
wat hy dan aanwend om die finansiële stremming op sy kontantvloei en winste te verlig. |
| versekering |
| Die voordele: |
| Met sleutelpersoonversekering het sake-eienaars gemoedsrus in die wete dat die besigheid die verlies
van 'n sleutelpersoon sal oorleef, aangesien hulle voorsiening gemaak het vir onmiddellike kapitaal vir
die besigheid. Die plan maak ook finansieel sin want die maandelikse koste is baie klein in verhouding tot
die voordeel. |
| Sleutelpersoonversekering bied die volgende spesifieke voordele: |
 |
Die polisopbrengs dek die koste van die werwing en opleiding van 'n nuwe werknemer. |
 |
Die besigheid vervang enige verlies aan inkomste en wins. |
 |
Die kredietwaardigheid van die besigheid bly onaangetas. |
 |
Die direkteursleningsrekening kan terugbetaal word. |
|
|
|
| |
| Indien jy belangstel om sleutelpersoonversekering te implementeer vir jou besigheid met die gepaardgaande besparings en voordele kan jy ons kontak vir meer inligting of 'n afspraak, of gaan voort en voltooi die inligting wat benodig word vir 'n besigheidsbehoefte-ontleding, en ontvang 'n verslag oor hoe jy jou besigheid kan beskerm. |
| |
|
|
| versekering |
versekering |
| |
|
| |
| Sakeondernemings moet dikwels krediet aan sekere kopers van hulle goedere/dienste verleen ten einde
te kan verkoop. Hoewel verkope noodsaaklik is vir die oorlewing van 'n sakeonderneming bring
kredietverkope die risiko van wan- of nie-betaling. Waar die debiteur 'n groot entiteit is, is die risiko
hiervan betreklik klein en dus aanvaarbaar. Indien die debiteur egter self die eienaar van 'n betreklik
klein onderneming is, is die risiko van wanbetaling weens die eienaar se dood of permanente
ongeskiktheid groot. Swak skuld kan, wanneer dit 'n aansienlike bedrag geld behels, 'n katastrofiese
uitwerking hê en moontlik veroorsaak dat die krediteur insolvent verklaar word, hoewel dit nie sy/haar
skuld is nie. |
| Kan 'n mens so 'n situasie vermy? Ja, met voorsorg en behoorlike beplanning! |
| versekering |
| Die behoefte: |
| Die bestuur van wanbetalingsrisiko vereis tydige identifikasie van die potensiële probleemgebiede en die
implementering van 'n behoorlike aksieplan. Die soort kliënt waar 'n mens dit doeltreffend kan gebruik,
is die debiteursbesigheid met 'n alleeneienaar of waar die uitstaande bedrag 'n aansienlike uitwerking
sal hê op die krediteur se kontantvloei indien dit nie terugbetaal word nie. |
|
| versekering |
| Die oplossing: |
| 'n Mens kan die risiko verminder deur die behoorlike gebruik van 'n lewensversekeringspolis op die
debiteur se lewe vir dood of permanente ongeskiktheid. Die krediteur kan dit op een van twee maniere
bewerkstellig: |
|
| Opsie 1 |
Ingevolge hierdie opsie identifiseer die krediteur die debiteur vir wie hierdie skema bedoel is en doen
dan aansoek om 'n geskikte lewenspolis op die debiteur se lewe. Die krediteur is die
aansoeker/eienaar, premiebetaler en begunstigde vir die opbrengs. Die krediteur voeg dan die
polispremie by die verkoopsprys/faktuur vir die goedere of dienste wat verkoop is en die debiteur
moet hierdie bedrag dan terugbetaal. |
| Opsie 2 |
Ingevolge hierdie opsie dring die krediteur daarop aan as 'n kredietvoorwaarde dat die debiteur 'n
polis op sy/haar eie lewe uitneem en daarvoor betaal. Die debiteur sedeer dan die polis as
kollateraal vir krediet aan die krediteur vir die tydperk wat die skuld onvereffen bly. Sodra dit
terugbetaal is, kan die sessie gekanselleer word. Indien die debiteur egter sterf of permanent
ongeskik verklaar word om sy/haar werksfunksies uit te voer terwyl die skuld nog uitstaande is,
betaal die versekeraar die polis aan die krediteur uit. Die krediteur verreken die bedrag wat die
krediteur ontvang teen die skuld en betaal enige oormaat aan die debiteur se besigheid of boedel
terug. |
|
| versekering |
| Die voordele: |
| Die bestuur van wanbetalingsrisiko vereis tydige identifikasie van die potensiële probleemgebiede en die
implementering van 'n behoorlike aksieplan. Die soort kliënt waar 'n mens dit doeltreffend kan gebruik,
is die debiteursbesigheid met 'n alleeneienaar of waar die uitstaande bedrag 'n aansienlike uitwerking
sal hê op die krediteur se kontantvloei indien dit nie terugbetaal word nie. |
|
 |
Die versekering vereffen die uitstaande skuld ten volle by die dood of permanente ongeskiktheid van
die debiteur. |
 |
Die krediteur ontvang die betaling onmiddellik na 'n suksesvolle eis. |
 |
Gebeure buite sy/haar beheer raak nie die krediteur se kontantvloei negatief nie. |
 |
Die krediteur kan beheer van die risiko behou terwyl hy/sy die struktuur kan kies wat die geskikste
is. |
 |
Die koste van 'n lewensversekeringspolis is goedkoop in vergelyking met die skuldbedrag en die
finansiële uitwerking ingeval van wanbetaling. |
 |
Die debiteur se boedel en besigheid word onthef van enige aanspreeklikheid vir die skuld danksy die
volle vereffening. |
|
| |
| Indien jy belangstel om debiteursdekking te implementeer vir jou besigheid met die gepaardgaande besparings en voordele kan jy ons kontak vir meer inligting of 'n afspraak, of gaan voort en voltooi die inligting wat benodig word vir 'n besigheidsbehoefte-ontleding, en ontvang 'n verslag oor hoe jy jou besigheid kan beskerm. |
| |
|
|
| versekering |
versekering |
| |
|
| |
| Besighede struktureer gewoonlik die aankoop van bates (of dit roerende eiendom, masjinerie of
toerusting is) en bedryfskapitaal deur tradisionele bankprodukte. Dit is die soort kredietfasiliteit waar die
besigheid sowel die kapitaal as die rente oor ’n gespesifiseerde termyn betaal. Die gevolg van hierdie
metode is dat teen die tyd dat die besigheid al die kapitaal terugbetaal het, moet hy weer van vooraf
begin om ’n vervangingsbate te finansier. |
| Is daar 'n alternatiewe terugbetalingsmetode? Die antwoord is JA. |
| versekering |
| Die behoefte: |
| Dit is nodig om 'n banklening op 'n alternatiewe manier te struktureer wat vir besigheidskliënte met 'n
entrepeneursaard wat gewillig is om berekende risiko's te loop, 'n geleentheid te bied om ander voordele
(belasting en groei) vir hulleself te verkry. |
|
| versekering |
| Die oplossing: |
| Die bank stem in daartoe dat die besigheid sy terugbetalings so struktureer dat die besigheid oor die
gespesifiseerde termyn van die lening/gestruktureerde finansieringstransaksie net rente betaal. Die
besigheid kombineer dit met 'n belegging om kapitaal op te bou wat 'n minimum opbrengs sal bied
gelykstaande aan die uitstaande kapitaalsaldo aan die einde van die termyn. Deur Momentum se
Alternatiewe Finansieringskema kan die besigheid vir hom 'n alternatiewe bate skep wat bykomende
welvaart en ander voordele kan genereer, terwyl dit aan die besigheid 'n minimum uitbetaling uit 'n
verskeidenheid fondse waarborg. |
|
| versekering |
| Die voordele: |
| Sommige van die voordele van 'n Alternatiewe Finansieringskema sluit die volgende in: |
|
 |
Verhoogde belastingaftrekkings |
 |
Belastingdoeltreffende manier om kapitaal uit te haal |
 |
Hefboomwerking |
 |
Verhoogde sekuriteit |
 |
Verhoging en vervanging van tradisionele borgstellings |
 |
Diversifikasie na 'n alternatiewe soort belegging |
 |
Verhoging van die waarde van die besigheid deur die skep van 'n bate op die balansstaat. |
|
| |
| Om meer uit te vind oor die struktuur, geskiktheid vir jou besigheid en implimentering van die finansiering vir jou besigheid met gepaardgaande besparings en voordele kan jy ons kontak vir meer inligting of 'n afspraak, of gaan voort en voltooi die inligting wat benodig word vir 'n besigheidsbehoefte-ontleding, en ontvang 'n verslag oor hoe jy jou besigheid kan beskerm. |
| |
|
|
| versekering |
versekering |
| |
|
| |
| As 'n besigheidseienaar is jy bewus van groot uitgawes wat jy in die toekoms moet betaal of
kapitaalbates wat jy moet aankoop of vervang. Die eienaar/s moet die koste van hierdie artikels óf uit
die besigheid se kontantvloei óf deur bankfinansiering vereffen. Indien die bankfinasieringsroete gevolg
word is daar twee bykomende uitgawes, naamlik rente en 'n deposito wat in ag geneem moet word. Hoe
oorkom jy hierdie probleem?
Deur holistiese finansiële beplanning! |
| versekering |
| Die behoefte: |
| Om toekomstige besigheidsuitgawes op 'n gestruktureerde en kostedoeltreffende manier te finansier
deur gebruik te maak van enige belastingtoegewings wat van toepassing is. |
|
| versekering |
| Die oplossing: |
| Deur 'n belegging in die naam van die besigheid te struktureer, kan jy betyds voorsiening maak vir die
toekomstige uitgawe sonder om onnodige druk te plaas op die besigheid se kontantvloei of winste. Die
Korporatiewebelegging doen presies dit. Gewoonlik sal jy 'n keuse hê van beleggingsprodukte waarin jy
die finansiële voorsiening kan huisves en wat jy saam met 'n gekwalifiseerde finansiële beplanner kan
oorweeg. Jou persoonlike omstandighede sal die geskiktheid van elke soort belegging bepaal met
inagneming van die verskillende faktore soos die termyn, toeganklikheid, beskerming en belasting. Hierbenewens kan jy ook besluit om voldoende bydraes te belê om al die sake in een kontrak te dek of
jy kan besluit op 'n kombinasie beleggings. |
|
| Hoe bereken jy die vereiste herhalende bydrae? |
 |
Eerstens stel jy die huidige en toekomstige koste (met inagneming van 'n veronderstelde
inflasiekoers) vas wat nodig is vir elke kapitaaluitgawe. |
 |
Tweedens bereken jy die termyn deur te bepaal wanneer jy die geld nodig het. |
 |
Derdens neem jy enige bestaande voorsiening in ag (met voortgesette groei daarop) ten einde te
verseker dat die oplossing geskik is vir die behoefte. |
 |
Vierdens faktoriseer jy 'n verwagte beleggingsgroeikoers en enige styging in die gereelde bydraes. |
|
| Klik hier om die berekeninge te maak! |
| Sodra jy al hierdie faktore vasgestel het, word 'n finansiële berekening gedoen om die vereiste gereelde
bydrae te bepaal. Die kapitaalwaarde wat so geskep word, kan gebruik word om, óf die uitgawe te
betaal, óf om die bate te koop, óf om vir 'n gedeelte daarvan te betaal. |
| versekering |
| Hoe kan jy bekostig om hierdie bydrae te betaal? |
| Kan jy bekostig om die nodige bydrae te betaal? Die eintlike vraag is nie of jy kan bekostig om dit te
betaal nie maar of jy kan bekostig om dit nie te betaal nie, veral met inagneming daarvan dat SAID in
hierdie opsig deur belastingaftrekkings help. Deur gebruik te maak van die beskikbare aftrekkings om
voldoende voorsiening te maak, omskep jy 'n boekinskrywing in 'n werklike bate. |
| SAID laat 'n belastingaftrekking toe vir die werklike bedrag wat jy bestee aan uitgawes wat jy oploop in
die produksie van belasbare inkomste. Hierdie basiese aftrekking ingevolge artikel 11(a) van die
Inkomstebelastingwet (IBW) sluit in rente op lenings wat gebruik word om produksie te finansier en die
koste van enige bruikhuur van bates wat jy aanwend. Hierbenewens laat artikel 11(e) van die IBW 'n
aftrekking toe vir die depresiasie van 'n bate oor sy nuttige gebruikslewe wanneer so 'n bate in die
produksie van inkomste gebruik word. |
| Indien jy hierbenewens as 'n "klein besigheid" geklassifiseer is en jou jaarlikse omset minder as R14
miljoen is, kan jy kwalifiseer vir 'n verminderde korporatiewe tarief. Hierdie konsessietarief beloop 0%
op die eerste R43 000 van die belasbare inkomste, 10% op die volgende R257 000 en eers daarna
betaal jy die gewone korporatiewe tarief van 29%. |
| Deur hierdie aftrekkings in jou besigheid te eis verminder jy jou belasting verpligting, bv, indien jou
normale belasbare inkomste R 1 000 is, sal jy normaalweg R290 belasting moet betaal. Indien jy 'n
belasting aftrekking van R200 het sal jou belasbare inkomste verminder word na slegs R800 en die
belasting betaalbaar op hierdie bedrag sal R232 wees. Met ander woorde, jy het R58 bespaar wat op 'n
korporatiewebelegging gebruik kan word wat dus help om vir jou toekoms te voorsien. |
| versekering |
| Die voordele: |
| Voordele wat die oplossing vir die besigheid inhou: |
|
 |
Gesonde korporatiewe bestuur deur voldoende voorsienings. |
 |
Groei van alternatiewe bates in die besigheid, wat so sy waarde vir aandeelhouers verhoog. |
 |
Vervanging van langtermynaanspreeklikhede op die balansstaat deur vaste bates wat dus die
hefboomverhoudinge verbeter. |
 |
Verbetering van die kredietwaardigheid van die besigheid. |
 |
Stelselmatige en gestruktureerde belegging vir 'n toekomstige uitgawe. |
 |
Gebruik van die SAID-vergunning om die koste te subsidieer. |
 |
Skepping van 'n belegging wat belastingvrye inkomste na vyf jaar kan genereer. |
 |
'Parkeerruimte' vir behoue inkomste in die toekoms weens die "black hole"-fasiliteit wat geskep is. |
|
| |
| Om meer uit te vind oor die struktuur, geskiktheid vir jou besigheid en implimentering van die belegging vir jou besigheid met gepaardgaande besparings en voordele kan jy ons kontak vir meer inligting of 'n afspraak, of gaan voort en voltooi die inligting wat benodig word vir 'n besigheidsbehoefte-ontleding, en ontvang 'n verslag oor hoe jy jou besigheid kan beskerm. |
| |
|
|
| versekering |
versekering |
| |
|
| |
| Die meeste mense bestee baie tyd en moeite daaraan om 'n besigheid, hulle grootste bate, na te vors, op
te rig en te bedryf. Baie entrepreneurs beskou dit as die bron van hul aftree-kapitaal en as bron van 'n
inkomste vir hulle gesinne wanneer hulle nie meer in staat is om die besigheid te bestuur nie. |
| versekering |
| Die behoefte: |
| Ongelukkig het ervaring getoon dat net 'n beperkte aantal besigheidseienaars die moeite doen om die
praktiese gevolge van onverwagte dood of ongeskiktheid te oorweeg. Hoe lank sal dit neem om 'n
gewillige koper vir hul besigheid te vind? Sal hulle familie 'n markverwante prys vir hulle
besigheidsbelange ontvang? Wat sal die uitwerking daarvan op personeel en krediteure wees en hoe sou
dit die voortgesette bestaan van die besigheid raak? Die oplossing is 'n besigheidskontinuïteitsplan (ook
bekend as 'n koop-en-verkoop-ooreenkoms). |
|
| versekering |
| Die oplossing: |
| Die besigheidseienaar vind iemand wat die besigheid verstaan en wat belang stel om eienaarskap oor te
neem. Hy sluit dan 'n ooreenkoms met daardie persone (die kopers), ingevolge waarvan sy belange in
die besigheid aan hulle verkoop word in die geval van sy dood of permanente ongeskiktheid. Dit is dus
moontlik vir alleeneienaars om ook so 'n ooreenkoms aan te gaan om hul besigheid te verkoop.
Voorbeelde van moontlike kopers is die huidige mede-eienaars, personeellede, mededingers of, in die
geval van 'n maatskappy of beslote korporasie, die besigheidsentiteit self. |
|
| Die besigheidseienaar kan deur mondelinge ooreenkoms so 'n kontrak sluit, maar omdat die bestaan van
die ooreenkoms dalk later moeilik bewys kan word, beveel ons aan dat die kontrak, waar moontlik, op
skrif gestel word. Dit is 'n ooreenkoms vir die koop en verkoop van bates en gevolglik moet dit sekere
noodsaaklike bepalings en voorwaardes bevat. Dit is: |
 |
die volle besonderhede van die verkoper, |
 |
die volle besonderhede van die koper, |
 |
'n beskrywing van die bates wat verkoop gaan word, |
 |
die prys van die besigheidsbelang en hoe dit gefinansier sal word, en |
 |
die omstandighede waaronder die kontrak uitgevoer kan word. |
|
| Dit is noodsaaklik dat die verkoper en die koper ooreenkom oor die waarde van die besigheidsbelang
aangesien geen kontrak andersins tot stand kan kom nie. Die vertrekpunt behoort te wees om vas te
stel hoeveel 'n gewillige koper bereid sou wees om te betaal en hoeveel 'n gewillige verkoper bereid sou
wees om te aanvaar vir die besigheid. Dit word aanbeveel dat die partye vooraf ooreenkom op die
waardasiemetodologie wat gebruik moet word, en dat dit by die kontrak geïnkorporeer word ten einde
geskille in die toekoms te vermy. |
| Die ooreengekome waardasiemetode word dan gebruik om die koopprys by die aanvang van die kontrak
te bepaal. |
| 'n Plandirek finansiele adviseur sal jou help met die waardasie van jou besigheid. |
Die volgende stap is om te besluit hoe die koopprys befonds moet word. Die koper kan poog om genoeg
kapitaal op te bou deur te spaar, maar dit is 'n riskante opsie omdat 'n mens nie weet wanneer dood of
ongeskiktheid kan plaasvind nie. Lewensversekering bied 'n praktiese en koste-effektiewe oplossing vir
hierdie probleem: die koper kan versekering op die lewe van die verkoper uitneem ten einde genoeg
kapitaal te ontvang om die volle koopprys te dek. 'n Nuwe versekeringspolis is verkieslik omdat die
opbrengs daarvan gewoonlik vrygestel sal wees van boedel- en kapitaalwinsbelasting, maar die kliënt
kan steeds kies om eerder 'n bestaande polis te gebruik indien sy aansoek vir 'n nuwe polis in alle
waarskynlikheid weens swak gesondheid of ouderdom afgewys sal word. |
| versekering |
| Die voordele: |
| Hierdie ooreenkoms voorsien die besigheidseienaars van 'n plan om die besigheid voort te sit indien een
van die eienaars/mede-eienaars sou sterf of permanent ongeskik sou raak. Sonder die ooreenkoms kan
die volgende probleme ontstaan: |
|
 |
potensiële kopers kan dalk nie so geredelik gevind word nie, |
 |
familielede van die verkoper kan geregtig raak op 'n aandeel in die besigheid deur 'n erflating en mag
dalk geen belangstelling in, of kennis van, die besigheid hê nie, |
 |
die besigheidsbelang kan verkoop word teen 'n bedrag wat aansienlik minder as die billike
markwaarde is, wat die doeltreffendheid van die verkoper se boedelbeplanning kan ondermyn, |
 |
dit kan die besigheid se verhouding met banke en krediteure nadelig raak en hulle kan dan die
besigheid se kredietfasiliteite terugtrek, |
 |
groot kapitaalbedrae sal benodig word om die koop van 'n gestorwe of ongeskikte mede-eienaar se
belang te befonds op 'n tydstip wanneer die koper(s) moontlik nie in staat is om voldoende
finansiering vir die transaksie te bekom nie, en |
 |
gesogte personeel sal nie na die besigheid gelok word nie en bestaande werknemers sal onseker wees
oor hulle toekoms en kan dalk bedank. |
|
| |
| Om meer uit te vind oor die struktuur en implementering vir jou besigheid en implimentering van die koop-en-verkoop versekering vir jou besigheid, met gepaardgaande besparings en voordele kan jy ons kontak vir meer inligting of 'n afspraak, of gaan voort en voltooi die inligting wat benodig word vir 'n besigheidsbehoefte-ontleding, en ontvang 'n verslag oor hoe jy jou besigheid kan beskerm. |
| |
|
|
| versekering |
versekering |
| |
|
| |
| Die besigheid moet opsigself verseker word (afhangende van die gepaardgaande risiko's) teen die
moontlikheid en koste wat veroorsaak word deur 'n eienaar of werknemer(s) se afwesigheid van die
werk, weens tydelike of permanente ongeskiktheid. |
| |
| Om meer uit te vind oor inkomstebeskerming vir besigheid, met gepaardgaande besparings en voordele kan jy ons kontak vir meer inligting of 'n afspraak, of gaan voort en voltooi die inligting wat benodig word vir 'n besigheidsbehoefte-ontleding, en ontvang 'n verslag oor hoe jy jou besigheid kan beskerm. |
| |
|
|
| versekering |
versekering |
| |
|
| |
| Wanneer 'n besigheid begin, het dit fondse nodig wat moontlik deur finansiering verkry word, om
noodsaaklike toerusting, skryfbehoeftes of ander items aan te koop, asook om die gereelde uitgawes soos
salarisse, telefoonkoste, huurgeld, ens, te betaal. Indien 'n besigheid geen bates het nie, is daar twee
maniere om geld te verkry - of deur aandele uit te reik of deur geld te leen. Omdat die eienaars nie ander
mense by die besigheid wil betrek nie, maak hulle gewoonlik op die leningsmetode staat. Die
eenvoudigste roete hiervoor sou wees om na 'n bank of ander uitleeninstelling te gaan, maar dit is belangrik om te onthou dat hierdie instellings almal sekuriteit vra en rente hef op enige lening. Indien die
besigheid nie genoeg kontantvloei kan voorsien om hierdie verpligting na te kom nie, is die alternatief vir
die eienaars en/of direkteure om 'n persoonlike lening aan die besigheid toe te staan. Daar word
gewoonlik informeel sonder 'n skriftelike kontrak op die voorwaardes van sodanige persoonlike lening
ooreengekom en daar is geen vaste termyn nie en die ooreenkoms weerspieël nie die betaling van enige
rente nie. Die balansstaat van die besigheid toon die lening en rente as 'n langtermynverpligting of -las
wat op 'n onbepaalde datum in die toekoms afgelos moet word. |
| versekering |
| Die behoefte: |
| Die besigheid se behoefte is dus om in staat te wees om die lening te kan terugbetaal by opvraging deur
die eienaar / direkteur wanneer hy/sy wil aftree. Indien die besigheid nie in 'n posisie is om op daardie
tydstip die lening af te los nie, kan dit insolvent verklaar word - iets wat almal wat betrokke is negatief
raak. Behoorlike finansiële beplanning verhinder sulke gevolge. |
|
| versekering |
| Die oplossing: |
| Die oplossing is om die terugbetaling van die lening oor die termyn tussen die teenswoordige en die
verwagte aftreedatum van die direkteur/eienaar te struktureer. Dit sal die minimum finansiële druk op
die kontantvloei van die besigheid plaas en sal sorg dat die besigheid op die vereiste datum die lening op
die mees belastingdoeltreffende manier kan terugbetaal. |
|
| |
| Om meer uit te vind oor die implementering van 'n oplossing vir die terugbetaling van 'n lening/s, met gepaardgaande besparings en voordele kan jy ons kontak vir meer inligting of 'n afspraak, of gaan voort en voltooi die inligting wat benodig word vir 'n besigheidsbehoefte-ontleding, en ontvang 'n verslag oor hoe jy jou besigheid kan beskerm. |
| |
|
|
| versekering |
versekering |
| |
|
| |
| Werknemers is nie meer tevrede om sonder genoegsame vergoeding vir die res van hulle aktiewe lewens
vir een werkgewer te werk nie. Hierbenewens begin werkgewers besef dat personeelomset ernstige
finansiële implikasies het vir hulle besighede. Dit het noodsaaklik geword dat werkgewers bykomende
metodes vind om die dienste van sodanige personeellede te behou. |
| versekering |
| Die behoefte: |
| Werkgewers wat besonder waardevolle werknemers of sleutelpersoneel het, kan dit moeilik vind om hul
dienste te behou in die lig van mededingers wat beter vergoedingspakette aanbied. Die verlies aan
werknemers met spesiale vaardighede of kennis kan finansiële verlies vir die werkgewer veroorsaak.
Hoewel salarisverhogings 'n oplossing kan bied, waarborg dit nie dat die diens van sleutelwerknemers. |
|
| versekering |
| Die oplossing: |
| Die oplossing is 'n vorm van finansiële aansporing bo en behalwe die werkgewer se salaris wat die
werknemer sal ontmoedig om te bedank. Dit kan gedoen word deur 'n kontantbetaling (bonus) wat uit
'n beleggingskema betaal word, deelname aan winsdeling of deur 'n aandele-opsieskema. |
|
| |
| Om meer uit te vind oor die implementering van 'n finansiële aansporing vir jou werkers, met gepaardgaande besparings en voordele kan jy ons kontak vir meer inligting of 'n afspraak, of gaan voort en voltooi die inligting wat benodig word vir 'n besigheidsbehoefte-ontleding, en ontvang 'n verslag oor hoe jy jou besigheid kan beskerm. |
| |
|
|
| versekering |
versekering |
| versekering |
versekering |
|
|
|
|
|
|
|