©Plandirect. Alle regte voorbehou. ‘n Inisiatief deur Wikus Pretorius
‘n gemagtigde verteenwoordiger vir SFP Advisory Services (PTY) Ltd.
-
Inleiding
Daar is heelwaarskynlik ‘n goeie rede hoekom jy aanlyn
opsoek is na ‘n lewensversekering oplossing! Daar is uit
verskeie oorde verskillende menings oor die
toepaslikheid daarvan om finansiëledienste oplossing
aanlyn te vind. Alhoewel ek heeltemal verstaan waar die
verskillende kampe se siening hul oorsprong het, glo ek
daar word nie genoeg aandag aan jou unieke aard
geskenk nie! Indien jy jou finansiëledienste oplossing
aanlyn wil vind, gaan jy dit heelwaarskynlik doen! Laat
ek eerder vir jou ‘n paar riglyne gee van waarna om te
kyk om te verseker dat jy ‘n meer ingeligte besluit kan
neem, eerder as wat ek vir jou sê wat reg is vir jou en
wat nie reg is vir jou nie.
Toepaslikheid van
lewensdekking
aanlyn koop
Die definisie van lewensdekking is by al die
produkverskaffers dieselfde. Die prys van
lewensdekking verskil egter baie by die verskillende
verskaffers. Daar is ‘n baie goeie rede hoekom die prys
verskil so groot is en ek sal aanbeveel dat jy moet nooit
lewensdekking koop omdat dit as die goedkoopste
aangebied word nie! Die redes hoekom goedkoop, duur
koop kan wees word hieronder bespreek in Faktore wat
die prys beïnvloed.
Naas die faktore wat die prys beinvloed, waarvan jy
bewus moet wees, is die belangrikste oorweging,
hoeveel lewensdekking jy nodig het? Almal se
omstandighede is uniek en daar is dus verskillende
finansiële aannames en wetlike vereistes wat geld
wanneer verskillende persone se lewensdekking
behoeftes bereken word.
Agv. jou unieke geaardheid, kennisvlak en siening van
hoe jy goed doen, gaan ek nie vir jou sê wat toepaslik is
vir jou nie maar aanbeveel dat jy die inligting hieronder
ook deurlees en dan self besluit wat die beste modes
operands vir jou is.
Faktore wat die
prys beïnvloed
Soos hierbo genoem is dit baie belangrik om nie net na
die prys van lewensdekking te kyk nie want dit kan die
lang termyn volhoubaarheid van jou oplossing drasties
beinvloed! Lg. kan veroorsaak dat jy die dag wanneer jy
nie meer versekerbaar is nie of wanneer jy die
lewensdekking die nodigste het, dit moet kanseleer. Van
die belangriker faktore wat die prys beinvloed is:
Premie groei-patroon:
Dit beteken die tempo waarteen jou premie jaarliks
MOET groei om jou voordele te behou. As jy dus by
uitname begin met ‘n baie lae premie maar kontraktueel
moet die premie jaarliks met ‘n vasgestelde % verhoog,
gaan die premie binne ‘n paar jaar verby die premie
groei wat konstant bly oor die termyn, ongeag hoe lank
jy aanhou betaal. Indien die premie dan later so groei
dat jy dit nie meer kan bekostig nie, kan dit dan gebeur
dat jy nie meer versekerbaar is nie en of nie meer
lewensdekking kan bekostig waar jy op die hoër
ouderdom getakseer word nie!
Waarborge:
Daar is verskillende tipe waarborge wat deur
produkverskaffers gegee word wanneer jy
lewensdekking uitneem. Die mees algemene waarborg
is dat jou premie gewaarborg is om sy premie-patroon
te handhaaf vir ‘n GEWAARBORGDE aantal jare. Dis alles
goed en wel want jy weet presies wat jy gaan betaal vir
hierdie aantal jare. Die groot vraag wat jy egter moet vra
oor hierdie waarborge wat nie altyd hardop gesê word
nie, is wat gebeur na hierdie waarborg termyn? Met
hoeveel gaan die premie verhoog of laat ek eerder sê
met hoeveel kan hulle hierdie premie maksimaal
verhoog en vir hoe lank gaan hierdie waarborg dan geld
en met hoeveel kan hulle die premie dan verhoog?
Hoe om jou oplossing
aanlyn te vind
Nou wat moet jy doen indien jou unieke omstandighede
jou nie toelaat om jou oplossings op die ou tradisionele
manier te vind nie? Omdat jy aanlyn opsoek is na ‘n
oplossings beteken nie dat jy nie die geleentheid gegun
moet word om ook kwaliteit advies en ‘n onafhanklike
keuse gegun moet word nie. My voorstel aan jou om
kwaliteit advies te kry en om die regte oplossing te vind
is as volg:
Kombineer jou aanlyn ervaring met die
ondersteuning van ‘n ervare onafhanklike finansiële
adviseur wat ook soos jy, die tegnologie gebruik om
vinniger, makliker en meer akkurate antwoorde en
oplossings te vind wat vir jou sal werk! Volg die
skakels op die webblad en gebruik die hulpmiddels
om jou antwoorde te kry om onafhanklike kwaliteit
oplossing te vind wat in jou unieke omstandighede
sal werk)!
Voordele
Berekeninge
Berekeninge
Onafhanklike Advies